Namibië sal aansoek doen vir BRICS-lidmaatskap

Die BRICS Besigheidsraad het werk in sleutelsektore soos agri-sake, lugvaart en die digitale ekonomie uitgelig in sy vordering vanjaar. Die BRICS Plus-alliansie sluit nou ook Egipte, Ethiopië, Iran en die Verenigde Arabiese Emirate in. Die raad beoog om ekonomiese groei in BRICS-lande te bevorder deur samewerking en ontwikkeling van energie-inisiatiewe en infrastruktuur-vennootskappe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Josef Sheehama, ‘n plaaslike ekonoom, oor die voordele van BRICS-lidmaatskap vir ‘n ontwikkelende land soos Namibië. Hy het onthul dat Namibië gaan aansoek doen om lidmaatskap.