Maansverduistering misgeloop? Jy moet wag tot Augustus ‘26 

ʼn Supermaan het die wêreld oornag verlig en saamgeval met ʼn skaars, gedeeltelike maansverduistering. Die skouspel in die hemelruim was sigbaar oor Europa en die grootste gedeelte van Asië, Afrika, Noord- en Suid-Amerika. ʼn Gedeeltelike maansverduistering vind plaas wanneer die aarde tussen die son en volmaan inbeweeg sonder dat die drie ʼn perfekte lyn vorm. NASA in Amerika sê die volgende gedeeltelike verduistering sal in Augustus 2026 plaasvind wanneer sowat 96-persent van die maan in die skadu sal wees.