Huwelikswetsontwerp word gewysig

Die huwelikswetsontwerp het weer ‘n draai in die Nasionale Vergadering gemaak. Die huis is besig met wysigings aan die wetsontwerp nadat dit van die Nasionale Raad terug ontvang is. Een van die wysigings is die verbreking van huwelike, waar geen melding gemaak word van selfdegeslag huwelike nie. Adjunk-binnelandse sake-minister, Lucia Witbooi, het die wysigings in die parlement voorgelees. Daar was geen besware nie.