Ouditeur-generaal praat oor SAL

Die Kantoor van die ouditeur-generaal sê die Suid-Afrikaanse Lugdiens het in onlangse jare ernstige finansiële en bedryfsrampspoed ervaar. Ouditeur Thato Kunene het aan die Parlementêre Staande Komitee oor Openbare Rekeninge gesê die regering het 38,1-miljard-rand in die lugdiens ingepomp waarvan 27,6-miljard-rand toegewys is na die sakeredding. Hy het bygevoeg daar is tans geen lenings aan die redery toegewys nie: