Belasting moet teen 28 Feb. terugbetaal wees

Vakbonde sê werkgewers moenie hulle voete sleep met die terugbetaling van belasting nie. Dit kom na die belasting verligtings in die Staatskoerant gepubliseer is. In gesprek met plaaslike media vra vakbondleiers dat maatskappye so vinnig as moontlik die verligting aan werkers deurgee. Arbeidskenner Herbert Jauch sê aan The Namibian dat werkers hulle vakbonde of die arbeidskommissaris kan nader indien hulle nie terugbetalings ontvang nie. Luidens die wet moet al die fondse teen 28 Februarie volgende jaar terugbetaal wees.