Namibië het nog nie kunsmisverbruikteiken behaal nie

Kunsmispryse het uiteindelik gestabiliseer, ná ‘n reeks stygings sedert 2022. Dit is volgens First Capital se jongste Food Price Monitor-verslag. Hierdie tendens is positief vir die landbousektor. Namibië het egter nog nie die 50kg per hektaar kunsmisverbruikteiken bereik wat deur die Abuja-verklaring in Mei vanjaar by die Afrika-kunsmis- en grondgesondheidsberaad in Kenia gestel is nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die landbou ekonoom Kobus Laubscher, wat advies gee oor die gebruik van kunsmis in Namibië.