Hoekom ‘ontwyk’ Mbumba sy pligte: Ekandjo oor Jerry-wette

Die berugte anti-gay sogenaamde Jerry Ekandjo-wetsontwerpe is steeds nie deur president Nangolo Mbumba onderteken nie. Die Swapo-parlementslid Jerry Ekandjo, wat die wetsontwerpe ingedien het, het die minister in die Presidensie, Christine Hoebes, in die Nasionale Vergadering gevra waarom dit nog nie gedoen is nie. Ekandjo wou weet hoekom president Nangolo Mbumba wat hy noem “sy plig ontwyk” om die wetsontwerpe goed te keur. Luister self.