Veepryse daal, behalwe bok wat met 2,5% styg

Veepryse het in die eerste helfte van die jaar ‘n afwaartse neiging oor die meeste kategorieë getoon, sê die Namibië Landbou-unie se Tweede Kwartaal Agri-oorsig. B2 beesvleis het met 1,71 persent gedaal, van 59 Namibiese dollar 19 sent per kilogram in die eerste helfte van verlede jaar tot 58 dollar 18 sent per kilogram. Speenkalfpryse het die mees betekenisvolle daling van 10,56 persent gesien, van 30 dollar 21 sent per kilogram tot 27 dollar 3 sent per kilogram. A2 lam het met 6,71 persent gedaal, van 80 dollar 38 sent per kilogram tot 74 dollar 98 sent per kilogram. Bokpryse het gestyg met 2,55 persent, van 1 086 dollar 57 sent per kop tot 1 114 dollar 27 sent per kop.