Yslandse kunsstudent vra verskoning vir Fishrot

Die Yslandse kunsstudent Oddur Friðriksson word deur die Yslandse vismaatskappy Samherji gedagvaar, onder andere oor ‘n fop-verskoning wat hy in die maatskappy se naam oor die Fishrot-skandaal gemaak het. Friðriksson sê dit was gedoen in die naam van kuns, en het ook ‘n kunswerk van die verskoning gemaak vir sy BA-graad. Friðriksson vra Namibiërs direk om verskoning oor Samherji se gedrag.

 Die stemgreep kom uit ‘n video wat die Engelse dagblad The Namibian op sy X gedeel het.