Trump moet retoriek kalmeer, as ‘n leier: Hillary Clinton
Die sluipmoord-poging op Donald Trump het weer die debat oor retoriek in die Amerikaanse verkiesing laat opvlam. Trump blameer wat hy beskryf as die kommunistiese Demokrate vir die poging, die tweede op sy lewe in net meer as twee maande. Hillary Clinton, oud-minister van buitelandse sake, wat ook teen Trump in 2016 gestaan het, sê ‘n leier behoort die temperatuur af te bring.