274 gevangenes ontsnap toe vloed tronkmuur laat val

Minstens 274 gevangenes het na hewige oorstromings uit ʼn tronk in die Nigeriese Bongo-staat ontsnap. Hulp-agentskappe berig meer as ʼn duisend mense is in die westelike en sentrale dele van Afrika dood. ʼn Woordvoerder van Nigerië se Korrektiewe Dienste, Abubakar Umar, sê 281 gevangenes het aanvanklik ontsnap na ‘n tronkmuur ineengestort het en hulle na ʼn veilige sekuriteitsfasiliteit geneem is, maar sewe is weer aangekeer.