Kaapstad beplan R30-miljoen dak vir DHL-stadion, oor Dricus

Die Stad Kaapstad wil ‘n tydelike dak van 30-miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die Kaapstad-stadion opsit, om binnenshuise gemengdegevegskuns-geleenthede aan te bied. Dit spruit uit die moontlikheid dat Suid-Afrika se gemengdegevegskuns-kampioen, Dricus du Plessis, se volgende geveg in die land kan plaasvind. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê ingenieurs het reeds vier voorlopige ontwerpe vir ‘n dak ingedien. Indien dit goedgekeur word, kan die dak teen Maart voltooi wees. Die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum word ook oorweeg vir so ‘n geveg.