Onafhanklike presidensiële kandidate het 7 000 handtekenings nodig

Die Verkiesingskommissie van Namibië het onafhanklike kandidate vir die komende presidensiële verkiesing versoek om hulself te vergewis van die nodige vereistes om vir ’n plek op die stembrief te kwalifiseer. Die kandidate moet 7 000 handtekeninge van hul ondersteuners landswyd kry, 500 per streek, en elke handtekening moet ‘n geregistreerde kieser wees. Rosa Namises, Lydia Kandetu van die Kunene-streek, sakevrou Ally Angula en Job Amupanda het aangedui hulle sal deelneem. Die sperdatum om op die stembrief te kom is 30 September vanjaar.