Namibiese skieters vat 2de plek in Colorado
Die nasionale skietspan van die Namibië Presisiegeweervereniging, Napra, het tweede geëindig by die Presisiegeweer Wêreldkampioenskap in Colorado in die VSA. By die vorige wêreldkampioenskap twee jaar gelede in Frankryk het Namibië algeheel sewende geëindig. Karola Marais, die sekretaris van die Namibiese Sportskiet-federasie het meer.