Möller-moordenaars kry 35 jaar
Regter Dinnah Usiku het 35 jaar tronkstraf aan elk van die vier moordenaars van Hans-Jörg Möller opgelê. Panduleni Gotlieb, David Tashiya, David Shekundja en Elly Hinaivali is elk 26 jaar vir moord gevonnis, ses jaar op poging tot moord en drie jaar vir die huisbraak. Möller is op 17 Junie 2016 tydens ’n gewapende roof in sy huis op Walvisbaai geskiet en het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Sy vrou Carol-Ann is ook aangerand en hul kinders was tydens die voorval tuis. Usiku het die roof as boosaardig en onmenslik beskryf.