Kommer jongmense en dwelms, kriminele rekord is vir ewig
Dwelmvondse in Namibië is gereeld in die nuus, en nie ‘n week gaan verby sonder dat die polisiemag dwelm-arrestasies rapporteer nie. Die afgelope naweek is daar weer skunk-dagga en crack-kokaïen ter waarde van byna 300 000 Namibiese dollar onderskep. Daar was ook ander gevalle van kleiner hoeveelhede dagga wat gevind is, dikwels in besit van jongmense. NamPol is bekommerd oor die aantal jeugdiges wat gereeld met dwelms betrap word of dwelms gebruik. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga doen ‘n beroep op ouers om hul kinders op te voed oor die feit dat ‘n kriminele rekord permanent is.