Unam-student lê glo klag teen Amushelelo

Prokureur Kadhila Amoomo het die arrestasie van sy kliënt, LPM-lid Michael Amushelelo, by die Universiteit van Namibië bevestig. Amushelelo was op die toneel tydens ‘n betoging van die LPM se jeugliga, wat die universiteit se ingange versper het. Volgens plaaslike media is ‘n klag van opsetlike beskadiging van eiendom deur ‘n Unam-student teen Amushelelo aanhangig gemaak. Hy sal na verwagting môre in die Windhoek landdroshof verskyn.