Wallabies-flank verwar gebreekte hand met ligamentprobleem
Rugby: Fraser McReight van Australië herstel na ʼn operasie nadat hy in die toetse in Julie met ʼn gebreekte hand gespeel het. Volgens die flank was hy onder die indruk dis ʼn ligamentprobleem maar was onbewus sy hand is gebreek. Hy is egter slaggereed vir Saterdag se wedstryd in die Rugbykampioenskap teen Nieu-Seeland in Sydney. McReight het sy hand in die eerste toets van die seisoen teen Wallis gebreek. Die Wallabies het albei tuistoetse teen Suid-Afrika verloor met ‘n 67-27 loesing deur Argentinië in Santa Fe.