Joshlin Smith-saak uitgestel oor nuwe getuienis

Die Landdroshof op Vredenburg het die Joshlin Smith-saak tot 21 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek. Die Wes-Kaapse woordvoerder van die NVG, Eric Ntabazalila, sê nuwe getuienis moet hersien word. Joshlin se ma, Kelly Smith, kêrel Jacquin Appollis, en twee ander word aangekla van mensehandel en ontvoering. Ntabazalila sê die saak sal eersdaags na die Hooggeregshof oorgeplaas word.