Pernas vervang Orlando in Argentinië se span teen Springbokke

Rugby: Argentinië sal Saterdag in Santiago sonder sy ervare senter, Matías Orlando, moet klaarkom in die Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Springbokke. Die 32-jarige speler, wat nog nie in vanjaar se kompetisie op die veld was nie, sukkel met ʼn spierbesering. Hoofafrigter Felipe Contepomi het die 21-jarige nuweling-vleuel, Santiago Pernas, as Orlando se plaasvervanger opgeroep. Pernas het skitterend vertoon in Super Rugby Americas en is aangewys as die seisoen se beste agterspeler in die liga.