Erfenisweek open amptelik vanaand
Erfenisweek bied ‘n geleentheid vir Namibiërs om hul ryk kulturele erfenis te vier en te bewaar. Die amptelike opening van Erfenisweek 2024 vind vanmiddag om half-ses by die Windhoek Stadsmuseum in Windhoek plaas. Hierdie byeenkoms is ‘n herinnering aan die belangrikheid van kulturele identiteit en die behoud van Namibië se diverse gebruike en praktyke. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur van die lynministerie, Sanet Steenkamp, gesels.