Meer oor nuwe belasting-drempel wat gepubliseer sal word

Die belastingwysigings is deur president Nangolo Mbumba onderteken en sal die week in die Staatskoerant gepubliseer word. Die nuwe belastingkoerse is van krag vanaf 1 Maart vanjaar. Individuele belastingbetalers word nou kwytgeskeld van belasting op die eerste 100 000 Namibiese dollar jaarlikse verdienste. Kosmos 94.1 Nuus het die finanswoordvoerder Wilson Shikoto gepraat.