Botswana, SA en Namibië vergader oor rooivleis-uitdagings
In ’n onlangse vergadering tussen die Namibiese Lewendehawe Produsente Organisasie, die Suid-Afrikaanse Rooivleisprodusente Organisasie en die Ghanzi Boerevereniging van Botswana, is belangrike sake oor die veebedryf in die drie lande bespreek. Een van die probleme is die afname in rooivleis-verkope in Suider Afrika. Rina Hough, kommoditeitsanalis van die Lewendehawe Produsente Organisasie, gee ‘n oorsig van hul planne.