Trump en Harris is kop-aan-kop – peilings
Donald Trump se veldtogbelofte om tariewe op ingevoerde goedere, veral uit China, te verhoog, word gesteun deur ‘n klein meerderheid van kiesers, toon ‘n nuwe Reuters/Ipsos-peiling. Volgens Reuters illustreer dit sy ekonomiese voordeel bo presidensiële mededinger Kamala Harris. Die peiling wys Harris het ‘n voorsprong van 5 persentasiepunte bo Trump regoor die land. Die wenner sal egter grootliks beslis sal word in sewe slagveldstate, waar die wedloop byna kop-aan-kop is.