Dwelms: Nampol behaal weer suksesse die naweek

Die polisiemag sukkel steeds met dwelms in die land. Volgens die jongste misdaad verslag is twee Namibiese mans met buite Kalkrand op die B1 in ‘n polisie-operasie vasgetrek na hulle betrap is met vyf pakke saamgeperste skunk-dagga en agt halfmaan-stene crack-kokaïen. Die waarde daarvan is 296 250 Namibiese dollar. Ook oor die naweek is vyf Namibiese mans by Ariamsvlei aangekeer met dagga ter waarde van 5 250 dollar. Op Arandis is ‘n 24-jarige Namibiese man met dagga ter waarde van 10 000 dollar vas.