Reaksie op Zim wat 200 olifante vir kos sal skiet

Net soos in Namibië, het Zimbabwe se omgewingsministerie aangekondig daar gaan olifante van kant gemaak word vir droogtehulp. Die vleis sal aan gemeenskappe gaan waar oeste misluk het en mense honger ly. Twee honderd olifante sal gejag word in gebiede waar hulle met mense konflik gehad het. Die omgewingsake-minister Sithembiso Nyoni sê daar is meer olifante as wat die land nodig het. Kosmos 94.1 Nuus het met beroepsjagter Jofie Lamprecht gepraat, wat die kwessie in perspektief plaas.