Missiel afgevuur uit Jemen laat sirenes in sentraal-Israel loei

‘n Grond-tot-grond-missiel is vroeg vanoggend uit Jemen na Israel afgevuur. Israel se weermag sê dit het ‘n onbewoonde gebied getref en niemand is gewond nie. Sirenes is in Tel Aviv en regoor die sentrale deel van Israel gehoor voor die missiel die grond getref het en het inwoners na veiligheid laat skarrel. Na die sirenes is die missiel uitgeken wat uit die ooste na sentraal-Israel afgevuur is.