Liggaam wat by Mole uitspoel uitgeken

Die liggaam van ‘n man wat Saterdag by die Mole op Swakopmund uitgespoel het, is geïdentifiseer as die van Matias Lukas Shilingweni, ‘n 27-jarige Namibiër. Hy is uitgeken deur sy broer, by wie hy in die DRC township in die dorp gebly het. Dit kom na die polisie op Donderdag, 5 September in kennis gestel is dat ‘n man van die jetty afgespring en onder die branders verdwyn het. Die broer het toe reeds aan die polisie gesê hy vermoed dit was Shilingweni wat selfmoord wou pleeg. ‘n Lykskouing sal gedoen word om die oorsaak van dood te bepaal.