Pous veroordeel Israel se doodmaak van kinders

Pous Francis het hom skerp uitgespreek oor die dood van Palestynse kinders in militêre aanvalle deur Israel in Gaza. Francis het met verslaggewers gepraat en gesê bomaanvalle op skole, met die veronderstelling dat Hamas-militante getref sal word, is aaklig. Hy het twyfel uitgespreek oor die toewyding van beide Israel en Hamas, wat nou elf-maande lank in ‘n oorlog betrokke is, aan die soeke na ‘n einde aan die konflik. Die 87-jarige pous sê hy is elke dag betrokke by ontstellende telefoniese gesprekke met lede van ‘n Katolieke gemeente in Gaza.