DA eis antwoorde oor Covid-19-vraghouerhuise

Die DA eis antwoorde van die menslike nedersettings-departement in Gauteng oor onverklaarbare vertragings om tydelike Covid-19-vraghouerhuise toe te ken. Die DA-woordvoerder vir menslike nedersettings, Mervyn Cirota, waarsku die vertraging van vier jaar het gelei tot onwettige besetting en vandalisme, terwyl gefrustreerde inwoners wag op waardige behuising.