Buitelanders onder ter dood veroordeeldes oor mislukte DRK-staatsgreep

Buitelanders, onder wie drie Amerikaners en ‘n Brit, is onder 37 mense wat deur ‘n militêre hof in die Demokratiese Republiek die Kongo ter dood veroordeel is vir hulle rol in ‘n mislukte staatsgreep. Ses mense is dood in die aanval op 19 Mei, gelei deur die opposisiefiguur Christian Malanga en ‘n bondgenoot van president Félix Tshisekedi. Altesaam 50 mense staan tereg. Die 37 wat tot dusver gevonnis is, is skuldig bevind aan strafregtelike sameswering, terrorisme en ander aanklagte.