Skoolvoedingsprogram vorder goed

Die Tuisgemaakte Skoolvoedingsprogram is ‘n noodsaaklike inisiatief wat verskeie sosio-ekonomiese uitdagings aanspreek. Deur voedsame maaltye aan skoolkinders te verskaf, veral dié uit kwesbare gemeenskappe, ondersteun die program verbeterde gesondheid, onderwysuitkomste en plaaslike ekonomiese ontwikkeling. In streke waar dit haalbaar is word skool- en gemeenskapstuine aangeplant om vars groente te voorsien. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ayesha Wentworth, die direkteur van programme en gehalteversekering by die onderwysministerie gepraat, wat ‘n opdatering oor die program gee.