Dis halfeindstryddag in Curriebeker

Rugby: Die voorlopers op die punteleer, die Leeus, behoort as die gunstelinge beskou te word teen die verdedigende kampioene, die Cheetahs, wanneer die twee spanne vanmiddag in Johannesburg kragte meet in die eerste van twee halfeindstryde van die Curriebeker. Die wedstryd skop half-drie af. Die tweede halfeind, tussen die Bulle en die Haaie op Loftus Versfeld, behoort nog ‘n klassieke Curriebekerkragmeting te wees en is ‘n herhaling van die eindstryde van die 2020- en 2021-seisoene, beide gewen deur die span van Pretoria.