Boeing-werkers gaan op staking
Meer as 30 000 werkers by die vliegtuigvervaardiger Boeing gaan vir die eerste keer sedert die wêreldwye finansiële ineenstorting staak, wat verdere druk op die beleërde maatskappy plaas. Dit is die eerste keer sedert 2008 dat werkers staak. Werkers het verhogings van 25-persent oor vier jaar verwerp met vakbonde wat ‘n salarisverhoging van 40-persent gevra het. Die beplande staking is ‘n terugslag vir die nuwe uitvoerende hoof, Kelly Ortberg. Hy het minder as twee maande gelede oorgeneem ná ‘n veiligheidskrisis toe ‘n deur van ‘n Boeing-vliegtuig afgewaai het.