Verwagtinge SA rentekoerse gaan daal

BetterBond sê daar is ʼn besliste gees van optimisme in die lug voor aanstaande week se vergadering van die Monetêre Beleidskomitee van die Suid-Afrikaanse Reserwebank. Die nasionale hoof van verkope van BetterBond, Bradd Bendall, sê inflasie is op die laagste vlak in drie jaar en daar is ook aanduidings dat die Amerikaanse Federale Reserwebank sy koerse vandeesmaand sal verlaag, met Suid-Afrika waarskynlik kort op sy hakke.