Voertuigverkope in Augustus 15,1% laer as in Julie
Totale voertuigverkope vir Augustus het op 995 eenhede te staan gekom, 15,1 persent laer as die vorige maand ná drie opeenvolgende maandelikse verhogings. Cirrus sê in ‘n verslag Toyota het beide die passasiers- en kommersiële markte oorheers. Die Hilux alleen het 49,7 persent van die ligte handelsvoertuig-verkope uitgemaak. Intussen het Suid-Afrikaanse motorhandelsverkope effe gesukkel, met nuwe voertuig-verkope wat in die tweede kwartaal met 6,4 persent op ‘n jaargrondslag afgeneem het. Oor dieselfde tydperk het verkope van gebruikte voertuie met 9,8 persent op ‘n jaargrondslag toegeneem.