Lando Norris wil F1-wêreldtitel op meriete wen
Motorsport: Lando Norris van McLaren sê hy wil probeer om die F1-wêreldtitel op meriete te verower. Sy spanhoof, Andrea Stella, het voor die naweek se Grand Prix in Azerbadjan onthul hulle gaan Norris ‘n prioriteit maak. Die Britse renjaer is 62 punte agter Max Verstappen van Red Bull in die bestuurderskampioenskap. Norris sê McLaren se besluit om hom eerste in die titelwedren te plaas beteken nie sy spanmaat Oscar Piastri gaan wedrenoorwinnings opgee nie.