Stofduiwels môre in Gobabis vir groot tydren

Gobabis-motorklub is môre die gasheer vir die vierde been van die Namibiese tydrenkampioenskap in en om die dorp. Die mees onlangse byeenkoms was die Tara-tydren in Junie. Sedertdien het die jaagduiwels meer as genoeg tyd gehad om hul vuurwaens te vertroetel. Kosmos 94.1 Sportnuus het gesels met Francois Lottering van Motor Media Namibia, wat al die besonderhede het.