Britse polisieminister se handsak gesteel by polisiekonferensie
Die Britse minister van Polisie en Misdaad, Diana Johnson, se handsak is by ʼn polisiekonferensie in Engeland gesteel waar sy gepraat het oor die groeiende probleem van diefstal en winkeldiefstal. Die polisie in Warwickshire sê ‘n 56-jarige man is vir vermeende diefstal aangekeer en op borgtog vrygelaat. John het in haar toespraak voor die Vereniging van Polisiesuperintendente gesê Brittanje is vasgevang in die greep van die epidemie van antisosiale gedrag, diefstal en winkeldiefstal.