Liggaam van man by Walvisbaai Waterfront ontdek

Die lyk van ‘n ongeïdentifiseerde manspersoon is vroeg vanoggend by die Walvisbaai Waterfront ontdek. ‘n Werknemer van Catamaran Charters was omstreeks half-agt besig om langs die oewer skoon te maak toe hy die liggaam in die water opgemerk het. Die polisie het die oorledene gevind met ‘n rugsak aan sy bors vasgemaak, en dit het ‘n beursie met dokumente en ‘n groot klip bevat. Geen familie of naasbestaandes is tot dusver opgespoor nie.