Koppe moet rol oor regsmediese eise: VF Plus

Die VF Plus sê reuse-regsmediese eise teen die gesondheidsdepartement is ‘n duidelike simptoom van die verval van die openbare gesondheidsorg. Die nege provinsiale gesondheidsdepartemente het in die 2023/2024-boekjaar 1,5-miljard Suid-Afrikaanse rand aan regsmediese eise betaal, terwyl voorwaardelike aanspreeklikheid 63,5-miljard-rand beloop. Philip van Staden van die VF Plus sê dit is tyd dat koppe rol om te verseker mense word aanspreeklik gehou.