Nadal onttrek van Laver-beker
Tennis: Die 22-malige Grand Slam-kampioen, Rafael Nadal het hom aan die Laver-beker onttrek. Die 38-jarige Spanjaard het nog nie weer gespeel sedert sy nederlaag saam met Carlos Alcaraz in die kwarteindronde van die mans dubbelspel verlede maand by die Olimpiese Spele in Parys nie. Nadal sê hy glo ander spelers sal help om Span Europa na ‘n oorwinning te lei. Die Laver-beker, ‘n kompetisie tussen die spanne van Europa en die Wêreld, begin Vrydag in Berlyn.