Britse Vloot onderskep dwelmduikboot met 2 ton kokaïen

Die bemanning van ‘n oorlogskip van die Britse Koninklike Vloot het afgekom op kokaïen ter waarde van 3,7-miljard Namibiese dollar toe hulle ‘n sogenaamde dwelmduikboot in die Karibiese See onderskep het. Die vloot was besig met patrollies saam die Amerikaanse Kuswag en ‘n maritieme vliegtuig. Die klein duikboot is aangetref 350km van die kus van die Dominikaanse Republiek met 2 ton kokaïen aan boord, en twee mense is in hegtenis geneem. Sky News berig dwelmsmokkelaars gebruik die dwelmduikbote wat laag in die water hang om opsporing te ontduik, terwyl party selfs ten volle onder water kan vaar.