Amerikaner word vinnigste vrou per fiets om die wêreld
ʼn Amerikaanse ultra-langafstandfietsryer het ʼn nuwe rekord opgestel vir die vrou wat die vinnigste per fiets rondom die wêreld gery het. Dit het Lael Wilcox 108 dae, 12-uur en 12-minute geneem om 29 169 kilometer af te lê. Die 38-jarige Wilcox is van Alaska en was 14-uur per dag op haar fiets. Dit sal nou bevestig word vir insluiting in die Guinness Book of World Records. Sy het op 28 Mei in Chicaco weggespring en deur 21 lande op vier vastelande gery voor sy na die stad teruggekeer het.