Calle spreek EU-ontwoudingsregulasies aan
Namibië is die enigste Afrika-land wat beesvleis na die Europese Unie uitvoer. Die nuwe regulasies van die EU oor ontwouding stel egter hierdie uitvoere in gevaar. Die regulasies raak onder meer vleis, huide en houtskool en kan ‘n groot impak hê op landbou-uitvoere na Europa. Landbouminister Calle Schlettwein het ‘n uiteensetting van die regulasies in die parlement gegee. Hy sê die kwessie sal verder bespreek word en die wetgewer sal met ‘n oplossing vorendag kom.