Botswana hersien bloutong-invoerregulasies vir beeste, skape, bokke

Botswana se landbouministerie het die sanitêre vereistes vir die invoer van beeste, skape en bokke uit Namibië hersien. Vir beeste is daar twee vereistes: diere moet geen kliniese tekens van bloutong toon op die dag van verskeping nie, en moet uit ‘n sone kom waar geen gevalle vir ten minste 60 dae aangemeld is nie. Vir skape en bokke is ‘n nuwe vooruitvoer-vereiste ingestel, wat dieselfde is as vir beeste. Hierdie veranderinge is onmiddellik van krag, met nuwe vereistes wat permitte wat reeds vir beeste uitgereik is raak. Vir skape en bokke is dit is slegs van toepassing op nuwe permitte. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jona Musheko, woordvoerder van die Namibiese landbouministerie, wat verduidelik.