Jon Bon Jovi oortuig vrou om nie van brug te spring
Die polisie het die rock-legende Jon Bon Jovi geprys omdat hy ‘n vrou oortuig het om nie van ‘n brug te spring in Nashville, Tennessee, nie. Die 62-jarige rock-ster was op die brug om ‘n musiekvideo te skiet. Sy span was besig om kameratoerusting op te stel toe hulle die vrou op die randjie gewaar. Bon Jovi het met haar begin praat. Polisiebeeldmateriaal wys hoe hy en nog ‘n vrou daarin slaag om die vrou van die randjie af te kry en na veiligheid te lei.