Sogenaamde Nudo-kongres onwettig: Esther Muinjangue

Die betwisde partykongres van die National Unity Democratic Organisation, Nudo, bly in die nuus. Die kongres is glo deur die party se selfaangestelde tussentydse komitee gereël, en die splintergroep het Barry Rukoro as hul president verkies. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nudo-president, Esther Muinjangue, wat beklemtoon dat die kongres nie wettig was nie en dat ‘n regsstappe reeds geneem is.