Anton Lubowski se dogter, Nadia, bring hulde

Dit was gister 35 jaar sedert die prominente Namibiese anti-apartheidsaktivis, prokureur en Swapo-lid, Anton Lubowski, vermoor is. Hy is voor sy huis in Windhoek geskiet deur agente van Suid-Afrika se Buro vir Burgerlike Samewerking. Lubowski is in 2015 postuum tot ‘n nasionale held verklaar en sy oorskot rus by die Helde-akker buite Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lubowski se dogter Nadia Lubowski, wat die liefdadigheidsorganisasie die Anton Lubowski Educational Trust bestuur.