Korrektiewe Dienste se voedselprogram blink uit

Die samewerking tussen die Namibië Korrektiewe Dienste en die Wêreldvoedselprogram het bygedra tot organisatoriese selfvoorsiening en nasionale voedselsekerheid. Volgens die adjunkkommissaris van Korrektiewe Dienste, generaal Sam Shaalulange, vorder hulle uitstekend met voedselproduksie by verskeie fasiliteite regoor die land. Die voedselprogram het ook 8 ton koringsaad aan die diens verskaf vir aanplanting by sy Divundu-, Evaristus Shikongo- en Hardap-fasiliteite. Kosmos 94.1 Nuus het met Shaalulange gesels wat hul vordering uiteensit.